WANNEER IS ONTSLAG REGVERDIG?

Die Arbeidswet stel dit duidelik dat elke werknemer die reg het om nie onbillik ontslaan te word nie. Die wet omskryf die betekenis van ontslag en wanneer dit mag plaasvind. Substantiewe en prosedurele regverdigheid bepaal of die ontslag regverdig was al dan nie.

Ontslag beteken die volgende: Die beëindiging van ʼn dienskontrak met of sonder kennis, en ook wanneer die werkgewer versuim om ʼn vastetermynkontrak te hernu, of die kontrak wel hernu, maar teen minder gunstige voorwaardes as wat die werknemer redelikerwys verwag het.

Artikel 188 van die Arbeidswet bepaal dat ontslag billik is as die werkgewer kan bewys dat die ontslag verband hou met die werknemers se gedrag of bekwaamheid, of as daar bewys kan word dat die ontslag gegrond is op die werkgewer se bedryfsvereistes. Ontslag is daarbenewens ook billik as ʼn billike prosedure gevolg is. Goeie praktyke vir ontslag word in die wetgewing uiteengesit en moet in ontslagprosesse in ag geneem word.

Arbeidswetgewing maak voorsiening vir drie verskillende tipes ontslag, naamlik ontslag weens wangedrag, swak prestasie of operasionele vereistes. Sekere prosedures moet gevolg word vir elke tipe ontslag. Werkgewers verwar soms wangedrag met swak prestasie. Dit is baie belangrik dat die regte proses gevolg word, maar dit is ook nodig dat die oorsaak van die onbevredigende gedrag bepaal word.

Wangedrag is wanneer die werknemer sekere reëls oortree het, byvoorbeeld reëls teen oneerlikheid of diefstal, asook die weiering van billike en wettige opdragte. In hierdie gevalle het die werknemer die besluit geneem om nie die gedragskode na te kom nie. Die werknemer het bewustelik ‘n reël oortree en daarom sal die persoon gedissiplineer moet word. Dit kan lei tot waarskuwings en/of moontlike ontslag.

In teenstelling hiermee het swak prestasie meer te make met situasies waar die werknemer nie ‘n doelbewuste oortreding begaan het nie, maar eerder omstandighede waaroor die werknemer nie noodwendig beheer het nie. Dus kan ander faktore blameer word vir swak prestasie, soos byvoorbeeld gebrek aan hulpmiddele, gebrek aan ondervinding, onvoldoende opleiding of swak gesondheid. Hier is dit duidelik dat die werknemer nie direk verantwoordelik is vir die gedrag nie en daarom kan dissiplinêre aksies nie geneem word nie. Die werknemer kan nie geblameer word vir iets soos siekte nie, dus sal ‘n beradingsproses gevolg word in plaas van ‘n dissiplinêre verhoor om oplossings te vind vir die swak prestasie.

Die laaste tipe ontslag is as gevolg van operasionele vereistes. Hierdie tipe ontslag het te doen met ekonomiese omstandighede, onder andere ‘n tekort aan werk of ‘n tekort aan geld. Hierdie is gevalle waar die werkgewer dit nie langer kan bekostig om ʼn sekere aantal werknemers in diens te hou nie of waar hy moontlik nuwe rekenaars of gevorderde toerusting bekom het wat ʼn sekere aantal werknemers oortollig maak. Dit is faktore buite die beheer van die werknemer en gaan oor die stappe wat die werkgewer neem om sy of haar besigheid teen finansiële ondergang te beskerm.

Dit is baie belangrik dat die proses in artikel 189 van die Arbeidswet hier gevolg moet word. Hierdie proses vereis dat die werkgewer op ‘n sinvolle manier met die werknemer moet onderhandel en sekere inligting openbaar maak voordat ernstige stappe soos ontslag geneem word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

CAN SOMEBODY TAKE THE LAW INTO HIS/HER OWN HANDS?

The mandament van spolie is a summary remedy, usually issued upon urgent application, aimed at restoring control of property to the applicant from whom it was taken through unlawful self-help, without investigating the merits of the parties’ rights to control.

From the definition above it is evident that this remedy is unique, because it is not used to protect rights at all. The mandament van spolie is a unique remedy aimed at undoing the results of the taking of property by means of self-help. The idea is that people should enforce and protect their property rights by legal means and procedure, and not by self-help and force, because self-help eventually results in chaos and anarchy. For this reason it is usually said that this remedy is based upon the principle that nobody is allowed to take the law into his/her own hands. Due to its aim of restoring peace and order and discouraging self-help, the spoliation remedy does not investigate the merits of any of the parties’ interest in the property and neither of the parties is allowed to raise the question of rights. The court is simply concerned with the factual investigation, namely whether there is proof of existing control and proof of unlawful spoliation of that control. If there was in fact existing control and unlawful spoliation the court will order the spoliator to restore the spoliated control to the applicant immediately, regardless of whether that control was in fact unlawful or even legal.

The spoliation remedy is aimed at preserving peace and order in the community. People cannot be permitted to circumvent the remedy by contract. Parties to a contract cannot agree that one of them will be permitted to take property from the other without proper legal procedure. The requirements for this remedy were set out in two classic decisions that are still the most important authorities in this regard, namely Nino Bonino v De Lange 1906(T) and Yeko v Qana 1973(A).

  1. Proof that the applicant was in peaceful and undisturbed control of the property. The first requirement means that the applicant had control over the property in question. For purposes of the spoliation remedy this control must have existed “peacefully and undisturbed” for a period long enough, and in a manner stable enough, to qualify any unlawful disturbance of the peace. The requirement that the control must have been peaceful and undisturbed does not refer to its legal merits, but simply to the fact that it must have been relatively stable and enduring. If not, there can hardly be a question of disturbance of the situation.
  2. Proof that the respondent took or destroyed that control by means of unlawful self-help or spoliation. The second requirement for the spoliation remedy is that the existing peaceful and undisturbed control must have been unlawfully spoliated by the respondent.

One can, therefore, safely say that possession is 90% of the law. The reason for this is that spoliation is not permitted in our law. The person must use the legal processes at his disposal and cannot take the law into his own hands.

References:
A J van der Walt & G J Pienaar: Introduction to property law, 5th edition, pg 218-223.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted. (E&OE)

WAAROM NEEM DIE OORDRAG VAN MY EIENDOM SO LANK?

Nadat ‘n koopkontrak onderteken is wil die kopers meestal met groot opgewondenheid en so gou moontlik in die eiendom intrek.  Wanneer hulle egter in kennis gestel word van die proses wat voor registrasie moet plaasvind, plaas dit dikwels ‘n demper op hulle opwinding.  Gepaardgaande hiermee kan daar selfs vertragings met die transaksie voorkom.

Ten einde onnodige frustrasie te voorkom is dit noodsaaklik dat die partye wat by die transaksie betrokke is die prosesse verstaan en bewus sal wees dat vertagings soms onvermydelik is.  Behalwe moontlike vertragings is daar ‘n aantal prosesse wat gevolg moet word voordat ‘n eiendom in die koper se naam geregistreer kan word.

Uit die staanspoor moet vasgestel word of ‘n geldige en bindende koopkontrak tussen die partye tot stand gekom het.  Indien dit nie die geval is nie, sal ‘n geldige en bindende kontrak eers tussen die partye aangegaan moet word.

Die koopkontrak is normaalweg die beginpunt van ‘n transaksie vir ‘n aktebesorger aan wie die opdrag gegee is om die oordrag te hanteer.  Die aktebesorger staan ook bekend as die transportprokureur en is gewoonlik die hoofskakel tussen die ander prokureurs wat met die oordragtransaksie gemoeid is. Ander betrokke prokureurs is gewoonlik die verbandprokureur en/of verbandkansellasieprokureur.

‘n Belangrike rol van die transportprokureur is om enige verbandhouers, byvoorbeeld banke, in kennis te stel van die transport sodat enige kennisgewingperiodes vir die kansellasie van verbande ‘n aanvang kan neem.  Die kennisgewingtydperk is gewoonlik 90 dae.  As die verband gekanselleer word voordat die tydperk verstryk het kan daar boetes betaalbaar wees.  Die transport kan dus moontlik vertraag word as gevolg van die kennisgewingtydperk.

Indien die koper ‘n nuwe verband wil registreer om die transaksie te finansier sal ‘n verbandprokureur aangestel word.  Aangesien die transportprokureur nie normaalweg bewus sal wees wie die verbandprokureur is wat opdrag ontvang het om die verbandregistrasie te doen nie, sal die bank gewoonlik die verbandprokureur meedeel wie die transport sal hanteer.  Die verbandprokureur sal dan eerste met die transportprokureur skakel.

Verkryging van die verskillende sertifikate, kwitansies en toestemming wat van toepassing mag wees op die betrokke transaksie, neem ook tyd in beslag.  Voorbeelde van hierdie dokumente is die belastinguitklaringsertifikaat, hereregtekwitansie, huiseienaarsvereniging se toestemming tot die oordrag, heffingklaringsertifikaat, elektriesenakoming-sertifikaat en loodgietersertifikaat.

Die hereregtekwitansie word van die Ontvanger van Inkomste verkry en moet met alle eiendomstransaksies ingedien word, selfs al is geen hereregte betaalbaar aan die Ontvanger van Inkomste nie.  Gedurende 2013 het dit ongeveer sewe werksdae geneem vanaf indiening van die versoek totdat die hereregtekwitansie uitgereik is.

Die belastingklaringsertifikaat word van die plaaslike munisipaliteit in die gebied waar die betrokke eiendom geleë is, verkry.  Die transportprokureur sal eerstens die munisipaliteit versoek om hom in te lig watter bedrag hulle benodig om die sertifikaat uit te reik.  Na ontvangs daarvan kan die bedrag betaal word en die transportprokureur wag dan vir ontvangs van die uitgereikte sertifikaat. Die tyd wat hiervoor nodig is verskil van munisipaliteit tot munisipaliteit.  Gedurende 2013 is syfers in die Stad Kaapstad meestal uitgereik op dieselfde dag waarop dit versoek is en is die sertifikaat binne ongeveer vyf werksdae na betaling, uitgereik.  Hierdie tydraamwerk word grootliks daardeur beïnvloed of die munisipaliteit op ‘n elektroniese stelsel werk of nie.

Indien die eiendom geleë is in ‘n gebied waar ‘n huiseienaarsvereniging gestig is sal daar normaalweg ‘n titelaktevoorwaarde wees ingevolge waarvan die huiseienaarsvereniging se toestemming verkry moet word voordat die oordrag kan plaasvind.  Die tyd wat dit neem vir die uitreiking van hierdie sertifikaat verskil van een huiseienaarsvereniging tot die ander.

Wanneer ‘n loodgieter of elektrisiën ‘n eiendom inspekteer kan gevind word dat bepaalde herstelwerk eers gedoen moet word voordat die sertifikate uitgereik kan word.  As die werk wat uitgevoer moet word aansienlik is kan dit groot vertragings met die transaksie veroorsaak.

Indien die eiendom verkoop word deur ‘n eksekuteur van ‘n bestorwe boedel, moet die toestemming van die Meester van die Hooggeregshof eers verkry word voordat die eiendom getransporteer kan word.  Indien die Meester van die Hooggeregshof weier om sodanige toestemming te verleen alvorens aan sekere vereistes voldoen is, kan dit tot groot vertragings lei.

Sodra die transportprokureur tevrede is dat alle relevante dokumente gereed is, sal hy reël vir gelyktydige indiening by die Aktekantoor deur al die prokureurs betrokke by die transaksie.  Dit is dus noodsaaklik dat die verbandprokureur teen hierdie tyd die nodige toestemming van die verbandhouer ontvang het om voort te gaan met indiening en dat die verbandkansellasieprokureur die nodige toestemming gereed het om die bestaande verband/e wat oor die eiendom geregistreer is, te kanselleer.

Nadat al die dokumente by die Aktekantoor ingedien is volg daar ‘n interne proses wat ‘n verskillende tydsbestek in die verskillende Aktekantore kan hê.  Hierdie tydsbestek kan ook  binne ‘n bepaalde Aktekantoor wissel.  Die beste is om jou aktebesorger te raadpleeg oor die tydsbestek wat in enige gegewe stadium van toepassing is.

Die lys van moontlike vertragings in ‘n transaksie wissel van een transaksie tot die ander en die moontlikhede is eindeloos.  Dit is raadsaam om met jou transportbesorger te skakel vir ‘n verduideliking sou jy voel dat die proses te lank neem.

Verwysings:  Aktebesorging, UNISA 2004, Departement Privaatreg, Ramwell, Brink & West

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

DIE VERBRUIKER SE REGTE ONDER DIE WET OP VERBRUIKERSBESKERMING

Kan ‘n verbruiker jou, die diensverskaffer, hof toe sleep omdat die verbruiker nie sommige van die terme en voorwaardes van jou getekende kontrak verstaan nie? Pasop, die antwoord is Ja!

Vanaf April 2011 het die Wet op Verbruikersbeskerming in volle werking getree, met die gevolg dat dit nou onwettig is om moeilik-om-te-verstaan ​​taal in enige besigheidsdokument of kontrak te gebruik.

Besigheid gaan gewoonlik gepaard met baie papierwerk, of dit nou ‘n kontrak, ‘n brief, `n ooreenkoms of selfs ‘n instruksieboekie is. Hierdie noodsaaklike dokumente is dikwels geskryf in taal wat ​​vir die gemiddelde verbruiker moeilik is om te verstaan.

Die rede waarom daar spesifieke Eenvoudige Taal-regulasies in die Wet op Verbruikersbeskerming vervat is, is om die verbruikers te beskerm teen die ondertekening van dokumente wat hulle nie verstaan ​​nie.

Beskerming van die verbruiker

Die Wet se uitdruklike doel is om seker te maak dat verbruikers nie onbillik behandel word nie – doelbewus of  nie. Dit beteken dat die gebruik van eenvoudige taal nou belangriker is as ooit. Die gebruik van vae en verwarrende bewoording, veral in bindende kontrakte, word nie meer toegelaat nie. Om dit eenvoudig te stel, dit is onwettig!

Te veel verbruikers het vroeër in groot moeilikheid beland, veral finansiële moeilikheid, omdat hulle nie verstaan ​het ​wat hulle onderteken het nie. Soms is kontrakte geskryf in opgeblase, burokratiese styl net omdat dit is hoe dit nog altyd was, of omdat die mense wat die kontrakte opstel bloot nie geweet het van enige ander manier om dit te doen nie.

Dikwels, egter, het gewetenlose besighede opsetlik ingewikkelde taal gebruik as ‘n manier om verbruikers te mislei om te betaal vir iets wat hulle nie kan bekostig nie, hul regte weg te teken, of om in te stem tot onbillike terme en voorwaardes.

Omskrywing van eenvoudige taal

Die Wet op Verbruikersbeskerming definieer eenvoudige taal in Deel D, Artikel 22 soos volg:

“By die toepassing van hierdie Wet, is ’n kennisgewing, dokument of visuele voorstelling in gewone taal, indien dit redelik is om tot die gevolgtrekking te kom dat daar van ’n gewone verbruiker van die klas van persone vir wie die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling bedoel is, met gemiddelde geletterdheidsvaardighede en minimale ondervinding as ’n verbruiker van die betrokke goedere of dienste, verwag kan word om die inhoud, betekenis en belang van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling sonder onnodige inspanning te verstaan, met inagneming van:

  1. Die samehang, omvattendheid en konsekwentheid van die kennisgewing,dokument of visuele voorstelling;
  2. Die organisering, vorm en styl van die kennisgewing, dokument of visuelevoorstelling;
  3. Die woordeskat, gebruik en sinstruktuur van die kennisgewing, dokumentof visuele voorstelling; en
  4. Die gebruik van illustrasies, voorbeelde, opskrifte of ander hulpmiddelsom te lees en te verstaan.”

Dit beteken dat ‘n mens nie dinge so wyd kan omskryf dat dit op verskeie maniere verstaan of geïnterpreteer kan ​​word nie. Die Wet bepaal dat indien daar enige twyfel oor die betekenis van sekere woorde of terme en voorwaardes is, die voordeel ten gunste van die verbruiker sal wees.

Selfs advertensies en bemarking mag nie meer enige onduidelikheid vir die verbruiker daarstel nie. Advertensies word nie toegelaat om te oordryf nie en moet maklik verstaanbaar, regverdig en eerlik wees. Die Wet bepaal dus dat diensverskaffers alles in duidelike en eenvoudige taal wat verbruikers kan verstaan, moet uitspel. Alternatiewelik het  die verbruikers die reg op blootlegging en inligting in eenvoudige en verstaanbare taal.

Dus, moenie uitstel nie. Indien  jy ‘n besigheidsdokument of kontrak het wat al jare gebruik word, moet jy dalk met ander oë daarna kyk en dit wysig of herbewoord ten einde te verseker dat dit voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)