SLAAG REGVERDIG MET NOODWEER

OPSOMMING

Noodweer – ‘n regverdigbare manier om ‘n onregmatige aanval af te weer. Hierdie artikel sal die vereistes bespreek waaraan voldoen moet word om met die regverdigingsgrond van noodweer te slaag.

ARTIKEL

 In Suid-Afrika is gewelddadige misdaad ‘n groot bekommernis. Kan ons iets doen om dit te stop? In ons reg is ons geregtig om ons eie belange, sowel as die belange van ander te beskerm, maar ongelukkig ken baie min burgers die omvang van die verweer.

Iemand tree in noodweer op en sy handeling is gevolglik regmatig, indien hy hom verweer teen ‘n wederregtelike aanval wat reeds begin het of wat onmiddellik dreigend is op sy lewe, liggaamlike integriteit, eiendom of enige ander beskermingswaardige regsbelang. Die afweerhandeling moet egter noodsaaklik wees ten einde die bedreigde belang te beskerm, dit moet teen die aanvaller gerig wees en dit moet in ‘n redelike verhouding tot die aanval wees.

Die vereistes waaraan voldoen moet word om met die verweer te slaag, is soos volg:

  1. a) Die aanval moet wederregtelik wees. Dit beteken daar moet nie ‘n regtens regverdigbare rede vir die aanval bestaan nie. ’n Voorbeeld hiervan sal wees as daar toestemming tussen die partye bestaan om mekaar aan te val, soos ‘n boksgeveg. Ongelukkig is daar nie ‘n geslote lys van regverdigbare aanvalle nie en elke geval sal op sy eie feite beoordeel moet word aan die hande van publieke beleid; en
  2. b) Die aanval moet gerig wees teen ’n belang wat die reg as beskermingswaardig ag; en
  3. c) Die aanval moet dreigend wees, maar nog nie afgeloop nie; en
  4. d) Dit moet teen die aanvaller gerig wees; en
  5. e) Die afweerhandeling moet noodsaaklik wees om die bedreigde reg te beskerm; en
  6. f) Daar moet ’n redelike verhouding tussen die aanval en die afweerhandeling wees.

 Die laaste twee vereistes genoem in “e” en “f” sal in meeste gevalle die twee problematiese vereistes wees om aan te voldoen om sodoende te slaag met die verweer van noodweer. Om te bepaal of die afweershandeling noodsaaklik was sal post facto (na die geval) bepaal moet word. Dít maak dit natuurlik baie moeilik vir ‘n person wat in so ‘n moeilike posisie geplaas word om te oorweeg of sy handeling aan die vereistes van selfverdediging gaan voldoen, aangesien hy soms nie die tyd sal hê om te dink nie. Die hof sal al die feite van die geval oorweeg en bepaal of die afweerhandeling noodsaaklik was om sy belange te beskerm.

Die vereiste dat daar ‘n redelike verhouding moet wees tussen die aanval en die afweerhandeling word ook na die tyd bepaal en dit maak dit weereens moeilik vir die person wat hom in so ‘n moeilike posisie bevind. Daar moet beslis ‘n balans wees tussen die aanval en die afweerhandeling. Jy kan nie ‘n persoon wat jou met ‘n vlieëplak slaan doodskiet nie. As die omvang van noodweer reg verstaan en gebruik word, sal dit dus ‘n baie effektiewe manier wees om onregmatige aanvalle stop te sit.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

WIE IS AANSPREEKLIK VIR DIE SKADE IN ‘N MOTORONGELUK?

Wat gebeur met my motor nadat ek betrokke was in ‘n ongeluk en wie is verantwoordelik vir die skade?

Bo en behalwe die emosionele en finansiële spanning wat dit vir die persoon en sy familie veroorsaak, is daar ‘n hele paar regsbeginsels wat van toepassing is.

Die mees prominente regsveld wat van toepassing is as mense betrokke is in ‘n motorongeluk is dié van deliktereg. Deliktereg speel ‘n belangrike rol in die bepaling van wie aanspreeklik is vir die skade, indien enige. As die skade veroorsaak is as gevolg van die opsetlike of nalatige handeling of versuim van iemand anders (die derde party), sal daardie persoon gewoonlik aanspreeklik wees vir die skade wat die motoreienaar gely het. Daar is wel sekere verwere tot die beskikking van die derde party, maar dit val buite die bestek van hierdie artikel.

Die versekeringsreg kan ook hierin ‘n groot rol speel indien die motoreienaar versekering het. Die leerstuk van subrogasie sal hier van toepassing wees. Dit is ‘n aanvaarde beginsel in die versekeringsreg dat wanneer ‘n versekeraar ‘n versekerde volledig vrywaar teen verlies wat deur ‘n derde party veroorsaak is, is die versekeraar geregtig om in die naam van die versekerde die skade van die derde party te verhaal. Die beleid onderliggend aan hierdie leerstuk is om te verhoed dat die versekerde dubbele vergoeding ontvang vanaf sowel die versekeraar as die derde party.

Vanuit ‘n prosedurele oogpunt verkry die versekeraar die reg om regstappe in die versekerde se naam teen die derde party in te stel indien die versekerde steeds ‘n onbevredigde eis teen die derde party het. Hierdie beginsel veroorsaak dat die versekeraar dominus litis (meester in die geding) word, maar net in naam en ten behoewe van die versekerde. Die versekeraar word geregtig daarop om die verrigtinge in die naam van die versekerde te voer met die voorbehoud dat die versekeraar die versekerde volledig moes gevrywaar het en hom of haar ook moes gevrywaar het teen die risiko van regskoste wat uit die verrigtinge mag onstaan. Die versekeraar het geen onafhanklike eis teen die derde party nie, maar dwing net die versekerde se eis af vir die versekeraar se eie voordeel.

Om op te som, die motoreienaar sal self die derde party aanspreeklik kan hou mits hy nie versekering het nie. Indien hy wel het, en hy eis die skade van die versekering, sal die versekering die skade van die derde party verhaal in die naam van die versekerde. Die verhouding tussen die versekerde en die versekering is ‘n kontraktuele verhouding en indien enige van die partye versuim om hulle pligte na te kom, kan hulle aanspreeklik gehou word op grond van kontrakbreuk.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

DIE NUWE SUID-AFRIKAANSE IMMIGRASIE REGULASIES DRAAI SKROEWE VAS VIR BUITELANDSE EGGENOTE

Hierdie artikel kyk na die nuwe Suid-Afrikaanse Immigrasie Regulasies wat op 26 Mei 2014 in werking getree het wat eggenote affekteer wat probeer om hul visum te hernu of ‘n visum te kry.

‘n Familie in Kaapstad is uitmekaar geskeur nadat die nuwe Suid-Afrikaanse regulasies Louise Johnson verbied het om terug na Suid-Afrika te keer, nadat die familie met vakansie was in Namibië. Artikel 27 van die nuwe regulasies verklaar Louise Johnson, ‘n Deense-gebore eggenote van ‘n Siud Afrikaanse burger, as ‘n “ongewenste persoon”. Mense wat uit die land uit reis met ‘n vervalde visum sal as ongewenste persone verklaar word. Dit is betwisbaar omdat baie buitelanders, soos Louise, aansoek gedoen het vir ‘n nuwe visum binne die voorgeskrewe tydperk, wat 60 dae voor die verstryking daarvan is, en dan nie hulle hernieude visum ontvang het nie, en dan verban is om terug te kom.

Om aansoek te doen vir ‘n huwelik- of lewensmaatvisum moet mens bewys dat die verhouding vir ten minste al twee jaar bestaan ​​voordat die aansoek gebring word. ‘n Mens moet ook bewys dat die verhouding nog steeds bestaan na twee jaar. Verder, as jy getroud is of in ‘n lewens vennootskap met ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner permit houer is, moet jy getroud wees vir ‘n aaneenlopende tydperk van vyf jaar voordat ‘n aansoek vir permanente verblyf gebring kan word.

Visa hernuwings vat dikwels maande om te verwerk en in die verlede was ‘n kwitansie wat uitgereik was deur die Departement van Binnelandse Sake, wat aandui dat ‘n aansoek hangende is, voldoende. Die nuwe regulasies bring dit tot ‘n einde. Buitelanders wat in Suid-Afrika bly vir enigiets tussen een tot dertig dae na die verstryking van hul geldige visum sal beskou word as “ongewenst” vir ‘n tydperk van twaalf maande. ‘n Tweede oortreding binne ‘n tydperk van vier-en-twintig maande sal hulle as “ongewenst” verklaar vir ‘n tydperk van twee jaar en as hulle vir meer as dertig dae onwettiglik bly sal hulle as “ongewenst” geklassifiseer word vir vyf jaar.

Byvoorbeeld Olivia Lock, ‘n Britse burger, wat getroud is met ‘n Suid-Afrikaner, was verbied om terug te keer na Suid-Afrika vir 12 maande, vanaf Mei. Dit is omdat sy Suid-Afrika verlaat op ‘n vervalde visum terwyl sy gewag het vir die resultaat van haar aansoek vir die hernuwing van haar visum. Amerikaanse burger, Shaima Herman, wat getroud is met ‘n Suid-Afrikaner, is ook verklaar as ‘n “ongewenste persoon”,  nadat sy al vir twee jaar vir die goedkeuring van haar huweliksvisum wag. Haar man het aangedui dat sy op meer as veertien verskillende geleenthede die Departement van Binnelandse Sake besoek het en steeds bly haar visum uitstaande.

 Haniff Hoosen van die Demokratiese Alliansie het gesê dat: “Media verslae en openbare protes dui daarop dat die nuwe regulasies in minder as ‘n maand reeds families uitmekaar geruk het, beleggers ontraai het, en gelei het tot die staking en selfs kansellasie van multimiljoene rande se film- en toerisme ondernemings”. Hy het aangevra dat die regulasies hersien word en dat die probleme met die regulasies bespreek moet word deur die Binnelandse Sake Portefeuljekomitee van die Parlement.

Die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, beweer dat die nuwe immigrasie-regulasies, wat bely om in die beste belang van Suid-Afrika se sekuriteit te wees, ‘n onvoldoende verskoning vir ‘n ondoeltreffende staatsbeleid is. Hy sê verder dat: “Die onvolledigheid van die beleid so wel as die onvolkome definisies, ‘n ernstige bekommernis in verband met die nuwe regulasies is, wat ook onderhewig is aan ‘onwettige toe-eiening en misbruik’ deur die Departement van Binnelandse Sake en sy amptenare.”

Dit is heel waarskynlik dat daar binnekort hofsake gaan wees wat die nuwe regulasie onder die verspuur gaan bring, maar in die tussentyd moet ‘n mens nie uit Suid-Afrika reis sonder ‘n geldige visum nie, anders sál jy as ‘n “ongewenste persoon” verklaar word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

COMMON LAW MARRIAGE IN SOUTH AFRICA

In South African law there is no such thing as a common law marriage. People simply believe that living together with another person for a continuous period of time establishes legal rights and duties between them. This is a common misunderstanding especially with young adults.

The only way to be protected in our law is to enter into a universal partnership agreement. Such an agreement clarifies the rights and duties of the partners. The agreement will determine what would happen to property and assets of the couple if they should decide to separate. The agreement is, however, not enforceable in so far as third parties are concerned. Only a valid marriage is enforceable against third parties. It is important to note that partners can sometimes be jointly and severally liable if they acted within the scope of the partnership. An agreement such as this will be legally binding as long as it contains no provisions that are immoral or illegal. If there is no agreement on the dissolution of a universal partnership agreement, a party would only be entitled to retain those assets which he or she has purchased and owns and further would be entitled to share in the assets proportionately in terms of the contribution which they have made to the partnership.

To prove the existence of such a partnership it must be shown that:

  • The aim of the partnership was to make profit.
  • Both parties must have contributed to the enterprise.
  • The partnership must operate to benefit both parties.
  • The contract between the parties must be legitimate.
  • There must be valid consent.
  • There is an intention to create a legally binding agreement.

Where there is no express agreement, a tacit agreement may be proved if it is found that it is more probable than not that such an agreement had been reached between the parties at the time of cohabitation.

Because the existence of a universal partnership is somewhat difficult to prove, and it may not be a claim that you wish to have to make or defend, it is advisable to consider entering into a contract that spells out how property should be dealt with on termination of the relationship by death or otherwise. Such a contract would provide some certainty for cohabitees regarding the division of assets and settlements of liability on termination of the relationship.

Some of the consequences of the absence of a legal ground between parties in such relationships are:

  • No exemption from donations tax in respect of donations between them.
  • Cohabitees do not benefit from the laws relating to the exemption from estate duty of bequests to spouses.
  • There is no reciprocal obligation of maintenance.
  • Cohabitee is not a recognised claimant if his/her partner dies intestate.
  • There is no right to property or assets that belong to cohabitee.
  • There is no reciprocal duty to contribute to household necessities.

The Domestic Partnerships Bill of 2008 is still in its formulation stage and it remains to be seen how it is to be implemented. In the current constitutional dispensation it is unlikely that a partner will be left in despair, taking into account the Domestic Partnerships Bill.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted. (E&OE)